)

AVS-Hoëveld Bokkiespanne – EHS uitstekend verteenwoordig

Op 2 Julie het leerders van regoor die Hoëveld, wat gekies is vir die onderskeie AVS-Hoëveld-Bokkiespanne, in Volksrust ’n seremonie bygewoon. Daar het elke speler hul klere ontvang. Hulle is ook bekendgestel aan die Unie in span-formaat. Die Erries het uitgestaan bo die res met byna sewentig leerders van EHS wat gekies is vir die onderskeie spanne.

Vanaf 3 tot 8 Julie het die Bokkieweek plaasgevind in Kroonstad. Hierdie geleentheid, wat aan die leerders gebied word, is besondere blootstelling. Hoërskool Ermelo word elke jaar uiters goed verteenwoordig by dié week.

Nie net het die Erries goeie sporttalent ten toon gestel nie, maar hul gedrag was ook onberispelik.

Dogtershokkie

Die o.14-Hoëveldspan-dogtershokkie het algeheel tweede geëindig. Diana Jacob en Esphané van der Linde is verkies vir die Suid-Afrikaanse AVS-Bokkiespan.

Me. Charmoné Prinsloo, onderwyser by EHS, was die hoof-afrigter vir die o.16-Hoëveldspan. Hierdie span deel die vyfde plek met die Vaal-driehoek-span.

By die o.19-Hoëveldspan het die Errie-dogters besonder goed presteer. met vier dogters wat gekies is vir die Suid-Afrikaanse AVS-Bokkiespan. Hulle is Carla Ferreira, Danel Olivier, Deidré van der Meyden en Kayla van der Meyden. Die span het die toernooi gewen en Surika Struwig, EHS-leerder, was Kaptein van hierdie span.

Seunshokkie

Die o.15-Hoëveldspan-seunshokkie het derde geëindig in die toernooi. Stiaan van den Heever is gekies vir die Suid-Afrikaanse AVS-Bokkiespan. Me. Anra Mentz, EHS-onderwyser, was die afrigter en oud-Errie, Arend Fourie, het as chaperone opgetree.

Netbal

Die o.14-Hoëveld-netbalspan het algeheel sewende geëindig. Mia van Deventer is as onder-kaptein aangewys. Dié span se hoofafrigter was me. U-Vandé Nortje, onderwyser by EHS. Marizelle van Niekerk is gekies vir die Suid-Afrikaanse AVS-Duikerspan.

Die o.16-Hoëveld-netbalspan eindig negende en die o.19’s eindig twaalfde.

Rugby

Die o.14-Hoëveld-rugbyspan eindig sesde in die toernooi met EHS-onderwyser, mnr. Xavier de Jager, as afrigter. Luan Greyling is gekies vir die Suid-Afrikaanse AVS-Bokkiespan. WJ Cronjé en WJ Pretorius is gekies vir die Suid-Afrikaanse AVS-Steenbokspan. Ruan Ludwig was kaptein vir die span.

Die o.16-Hoëveld-rugbyspan het ’n vierde plek in die toernooi behaal. Tyrone Berning en Tredoux Ferreira is gekies vir die Suid-Afrikaanse AVS-Gazellespan. Vir dié span het Tredoux as Kaptein opgetree.

By die o.19-Hoëveld-rugbyspan was mnr. Estian Horn, ook ’n EHS-onderwyser, die afrigter. Hierdie span eindig agtste in die toernooi en twee Erries word gekies vir die Suid-Afrikaanse AVS-Gazellespan. Hulle is Armand du Preez en Diederik van der Walt. CJ van Huyssteen was onderkaptein van hierdie span.

Baie geluk aan elke speler wat die toernooi meegemaak het. Dankie vir die EHS-manier waarop elkeen die Erries se naam hoog gehou het. Geluk veral aan die spelers wat verkies is tot die onderskeie SA-spanne. Hoërskool Ermelo is met reg trots op elkeen en wens julle alle voorspoed toe.

Vlnr: Voor: Esphané van der Linde, Diani Jacob. Agter: Danel Olivier, Carla Ferreira, Kayla van der Meyden, Deidre van der Meyden
Stiaan van den Heever en Marizelle van Niekerk

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal