HTS Drostdy. Dag een: Die jaar staan baie vinnig einde se kant toe en HTS Drostdy, Worcester, het gedink dit sal lekker wees om bietjie terug te kyk op die hoogtepunte van hierdie ongewone jaar. Oor die volgende dae gaandie skool terugkyk op alles wat Drostdy ‘n belewenis maak.
Dag 1 – Skool begin. HTS Drostdy het vanjaar vir die eerste keer in die geskiedenis eers in Februarie begin – en ook net op halfkapasiteit. Dit was egter vir hulle heerlik om al die Donkies terug te kon verwelkom na die ekstra lang vakansie.
Die Donkies sien uit na 2022!
Dag 2: Top Tegniese Skool: Met die WKOD se jaarlikse prysuitdeling na afloop van die bekendmaking van die NSS-uitslae is Drostdy aangewys as die top tegniese skool in die Wes-Kaap.
Dag 3 – Graad 8-sinkronisasie: Die graad 8’s kon nie hulle normale kamp aan die begin van die jaar hê nie so ons het besluit om hulle as deel van hul Skeppende Kunste (Drama) prakties iets saam as ‘n groep te laat doen. En hulle het beslis nie teleurgestel nie. Kyk na die video.
Meer nuus: https://schoolsthatrock.co.za