Rugby. HTS Drostdy van Worcester is baie opgewonde om aan te kondig dat mnr. Hans Coetzee vanaf Februarie 2022 by die Donkies aansluit as hul nuwe Direkteur: Rugby. Hans is alombekend as ‘n ware rugby maestro en het onder andere al die Leeus se provinsiale span en die SA-skolespan afgerig. Hy was lank betrokke by Hoërskool Monument en meer onlangs by Hoërskool Durbanville. Die skool sien met verwagting uit dat Drostdy se gevestigde rugbyprogram onder sy leiding verder sal groei.
#trots#gees#belewenis#Donkies#rugby
Meer nuus: https://schoolsthatrock.co.za