Hoërskool Bothaville. Hoërskool Bothaville kondig met trots aan dat die skool vanaf 2022 ‘n nuwe toevoeging tot hul personeel kry. Mej. Elucia van Staden (oudskolier) is aangestel as gimnasiumbestuurder en biokinetikus.
As biokinetikus sal sy onder andere verantwoordelik wees vir die kondisionering van die sportspanne, asook die skryf van oefenprogramme vir die onderskeie sportkodes. Daar is geen twyfel dat haar aanstelling as biokinetikus die prestasie van Hoërskool Bothaville se sportmanne en -vroue positief gaan beïnvloed nie. Vanaf 1 Februarie 2022 open sy haar biokinetika-praktyk op die skoolterrein in ‘n lokaal langs die gimnasium. Die hele gemeenskap van Bothaville gaan hierby baat vind. Meer inligting hieroor volg binnekort…
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za