)

HSL Hoofdogter semi-finalis in skoonheidskompetisie

Janique Gerber, hoofdogter van Hoƫrskool Langenhoven Riversdal vir 2018, is as semi-finalis in die 2018 Miss High School SA skoonheidskompetisie, verkies.

Janique is een van 24 semi-finaliste uit honderde inskrywings van regoor die land. Sy is ā€˜n ware ambassadeur vir die skool en is baie opgewonde om as semi-finalis verkies te word. Die skoonheidskompetisie is bekend om jong vroue in verskeie aspekte te bemagtig en is veral op die gemeenskap gefokus – iets wat Janique baie naby die hart lĆŖ.

Janique streef daarna om positiewe verandering in Riversdal en sy gemeenskap teweeg te bring. Haar leuse is ā€œas jy die geleentheid kry om iets te doen om ander te help, jy daardie geleentheid met albei hande moet aangrypā€. Janique voel ook dat dit die jonger geslag se werk is om die verandering te wees wat ons in die wĆŖreld wil sien, en diĆ© kompetisie kan haar daardie geleentheid bied.

Die borrelende 18-jarige, met ā€˜n passie vir die lewe, en ā€˜n groot belangstelling om ander op te hef, is passievol oor hokkie, om gesond te leef, skoonheid en mode. Sy is bekend in haar vriendekring as ā€˜n positiewe rolmodel met ā€˜n positiewe uitkyk. Sy lewe elke dag deur net haarself te wees.

Die doel van die skoonheidskompetisie is om Girl Power Foundation (www.girlpowerfoundation.co.za) te ondersteun, en om jong meisies deur opvoeding te bemagtig, en deel te neem aan liefdadigheidswerk. Dit is ook om persone te identifiseer wat ambassadeurs sal wees om Hoƫrskoolleerders in Suid-Afrika te verteenwoordig.

Dit bou vertroue en leierskapsvaardighede. Die wenners van hierdie kompetisie sal rolmodelle in hul skole en gemeenskap word.

Daar word van elke semi-finalis vereis om R2 000 in te samel deur middel van borge of ā€˜n fondsinsameling. Daar kan vir Janique gestem word deur GEES MHSSA Janique na 37587 te sms.

Die finaal vind later vanjaar in Johannesburg plaas.

Vir meer inligting besoek gerus www.misshighschool.co.za

Hoƫrskool Langenhoven is baie trots op hierdie Dassie!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal