Sunica Tesner, ān graad 9-leerder van HoĆ«rskool Langenhoven in Riversdal, is in die top 20 (juniors) van die SA Taalbond Tweetaligheidseksamen. Leerders van regoor Suid-Afrika neem aan hierdie eksamen deel. Sunica is ook die toppresteerder in graad 9.
Die SA Taalbond is ān organisasie wat sedert 1953 jaarliks ān Tweetaligheids-eksamen ā in Afrikaans en Engels ā vir leerders in hoĆ«rskole aanbied. Dit is die enigste geleentheid vir leerders om hulle tweetaligheid te bepaal en ān sertifikaat te verwerf wat hul tweetaligheid aandui.
Hierdie is ān uitsonderlike prestasie!