Hoërskool Langenhoven van Riversdal, se Raad van Leerders se doel is om leiers in die skool te wees, maar ook om ‘n positiewe verskil in mense se lewens te maak.
Die Raad van Leerders se gemeenskapsgroep het in Augustus hulle harte oopgemaak, deur ‘n kleuterskool, Karol’s playgroup, te gaan verf. Hulle het ook speelgoed vir die leerders uitgedeel. Die verf is deur Stilbaai Suid-Kaapverf geskenk.
Op die foto verskyn Hoërskool Langenhoven se gemeenskapsgroep saam met die leerders en onderwysers van Karol’s playgroup, vlnr: Lourens van Vuuren, Janique Gerber, Jana van den Berg en Elrike Kleynhans.











