Op Dinsdag, 16 April, het Hoƫrskool De Aar hul skool se Redenaarskompetisie aangebied. Onderwerpe was uiteenlopend van selfoontegnologie tot geestesgesondheid tot Generasie Z. Leerders was deurlopend goed voorberei en die gehoor is geboei deur beredenerende argumente.
Die wenners was:
Afrikaans huistaal: 1. Anja Kleynhans 2. Courtney van Syfer
Afrikaans addisionele taal: 1. Unam Mxaxa 2. Phila Booi
Die beoordelaars, Mnr. J. Botha, Me. C. Van Zyl en Me. R. Lambrechts het Å moeilike taak gehad, maar het hul goed van hul taak gekwyt. Ons opregte dank aan hul vir hul tyd.
Foto bo: HSDA redenaars wenners: Afrikaans huistaal: 2. Courtney van Syfer, 1. Anja Kleynhans
Afrikaans addisionele taal: 1. Unam Mxaxa; 2. Phila Booi
Become a Sponsor









