Twee hokkiespanne van Hoƫrskool De Aar het aan die Platteland Astro Toernooi op Upington deelgeneem. Die spelers het hul staal behoorlik getoon in die 16 wedstryde wat gespeel is.
Die tweedespan speel ses wedstryde waar hul uithouvermoƫ behoorlik getoets is. Die span speel goeie aanvallende wedstryde op die Astro-baan. Die verdedigers moes behoorlik bontstaan gedurende hul wedstryde teen Hoƫrskool Upington en Hoƫrskool Duineveld. Gedurende die Saterdag se drie wedstryde vind die spelers mekaar en ten spyte van hul moeƫ spiere, slaag hul daarin om te wen. Die span eindig derde in die toernooi.
Uitslag van wedstryde:
Wen Martin Oosthuizen 3-1
Verloor 0-1 teen Hoƫrskool Upington asook Duineveld 0.16A
Wen Duineveld 0.18B 1-0
Speel gelykop 1-1 teen Hoƫrskool Upington 0.18B
Speel gelykop 2-2 teen Hoƫrskool Duineveld 0.16B
Wen Kalahari 3-1
Wen Daniƫlskuil 7-0
Wen Vaalharts 7-0
Die 1ste span skop hul vier wedstryde af met Šligawedstryd versus Vaalharts. Die spelers sukkel gedurende die eerste helfte om op dreef te kom, maar vaar heelwat beter in die tweede helfte. Hulle val egter vas in hul wedstryde teen Hoërskool Upington en Duineveld, maar daarna is daar egter geen keer meer aan HSDA se spelers nie en wys hul, hul opponente behoorlik waar Dawid die wortels begrawe het. Die drie wedstryde wat Saterdag volg, word met alle ywer aangepak al is die spelers doodmoeg. Ook hierdie span eindig derde in die Platteland Toernooi.
Uitslag van wedstryde:
Wen Vaalharts 4-0
Verloor teen Upington 4-1
Verloor teen Duinveld 5-0
Wen Curro 5-1
Wen Hartswater 6-0
Wen Kalahari 5-1
Wen Martin Oosthuizen 2-0
Become a Sponsor











