Vier van HSDA se spanne kom op Saterdag, 13 Julie, te staan gekom teen Hoërskool Vaalharts op Jan Kempdorp.
Al vier spanne vaar baie goed al het die vakansie sy tol geëis met vaardighede wat ʼn bietjie verroes geraak het.
Die eerstespan wen oortuigend 20-9. Die verdedigers was soos gewoonlik uitstekend, maar die spyker in die opponente se doodskis was die senter wat met mening verdedig het en menige bal onderskep het.
Die 0.17 – span wen 22-5. In die wedstryd was dit die doele wat uitstekende spel gelewer het endie oorwinning verseker het.
Die 0.15 span verloor 14-13. Hulle het onnodige foute gemaak en hulself onder druk geplaas. Al het hierdie span die agterstand in die tweede helfte probeer uitwis, kon hulle nie daarin slaag om die oorhand te kry nie.
HSDA se 0.14-span wen ook met ʼn telling van 20-10. Die senter baanspelers het die wedstryd oorheers en baie goed vertoon.
Become a Sponsor









