Op Saterdag, 13 Julie, het HSDA se o.17 rugbyspan teen Hoërskool Vaalharts van Jan Kempdorp gespeel. Die spelers was ʼn bietjie geroes na die lang vakansie, maar die feit dat 11 van die begin-15 aan rugby-weke deelgeneem het, het baie gehelp en die spelers het mekaar vinnig gevind.
Vaalharts teken die eerste punte aan en skok HSDA so ʼn bietjie. HSDA veg egter verbete terug en is teen rustyd 14-7 voor. Tydens die tweede helfte is Vaalharts konstant op die aanval en wys HSDA hul staal met pragverdediging. HSDA gebruik hul geleenthede goed op die aanval en wen die wedstryd 19-14.
Hierdie span is nog onoorwonne die jaar en sien uit na die res van die liga asook die uitspeelwedstryde.
Become a Sponsor









