HSBC-netbaltoernooi. Hoërskool Outeniqua se Kwaggas op Internasionale Netbaltoer.
Die o.16-netbaltoerspan van Hoërskool Outeniqua, George, het op 7 Januarie, op uitnodiging, na die Verenigde Arabiese Emirate vertrek. Die span toer tot 18 Januarie. Hulle neem deel aan ’n reeks wedstryde teen internasionale skole en klubs, sowel as aan die gesogte HSBC-netbaltoernooi.
Die Kwaggas speel hul wedstryde in Abu Dhabi en Dubai, waar hulle die geleentheid kry om nuwe speelstyle te ervaar, hul vaardighede verder te slyp en waardevolle internasionale blootstelling op te doen. Hierdie toer is ’n ware belegging in hul groei en ontwikkeling as jong sportvroue.
Hoërskool Outeniqua wens elke Kwagga sterkte toe op die baan – mag julle elke oomblik geniet en trots die Outeniqua-gees uitdra. Dit is ’n besonderse geleentheid, en ons sien uit om julle reis en prestasies met trots te volg!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









