Die afgelope week is die laaste ligawedstryde afgehandel. Die eerste naweek in Maart wordĀ tradisioneel die interskole tussen HS Strand en HHH beslis. Die knellende droogte het egter verhoed dat die wedstryde op HHH se velde plaasvind.
Gevolglik het HS Strand se eerste krieketspan teen Worcester Gimnasium in die warm Worcester gaan speel. Dit was ān wedstryd wat enige krieketfynproewer sou bevredig. Alhoewel die Strand verloor het, het hulle hul veelgeroemde teenstanders baie hardĀ vir ān oorwinning laat sweet. Worcester Gim is jaarliks een van die topspanne by Mosselbaai se KFC-kriekettoernooi .
Die Strand het ān baie goeie 193 lopies aangeteken. Wiehann Meyer het ān briljante 73 lopies van 65 balle gemoker. Hy het hierdie puik beurt met ān ewe briljante 3 paaltjies vir 28 lopies opgevolg.
Worcester Gimnasium het hardĀ geswoeg om 194 lopies vir 8 paaltjies aan te teken. Xander Barnard was ewe indrukwekkend met 3 paaltjies vir 38 lopies.
Vir die vier matrieks in die span was dit ān baie emosionele laaste wedstryd. Alle eer aan Edward Russouw, Wiehann Meyer, Xander Barnard en Hackuum Jansen wat die die skool se krieket gedien het. Edward , Wiehann en Xander was reeds sedert Oktober 2014 lede van die eerste span. Die HS Strand salueer julle.
Die O/15A-span het werklik verras en Worcester Gimnasium met 6 lopies geklop. Die Strand het 102 lopies aangeteken en hierdie totaal met uitstekende boulwerk verdedig. Veral die O14-speler, Guillaume Uys, het skitterend geboul en 3 paaltjies vir 20 lopies platgetrek. Worcester Gim is dus tot 96 lopies beperk.
Alle eer aan die O/15-spelers wat die seisoen op ān baie hoĆ« noot afgesluit het.