Hoërskool Punt in Mosselbaai se Kultuur Greenenergy klub beplan ‘n hele aantal projekte vir 2018.
Dromme by die skoolingange gaan opgeknap word, asook herwinning by die koshuis.
Spekboompies gaan aangeplant word, asook meer betrokkenheid by pikkewyne.
Hartenbos se strand en die monding sal ook skoon gemaak word.
Die skooltuin sal opgekikker en onderhou word.
Voorwaar ‘n hele aantal projekte waarby hulle betrokke is!
Die volgende projekte is vir die jaar beplan:
* Dromme opknap in die skoolgange
* Herwinning by die koskhuis
* Plant van spekboompies
* Betrokkenheid by pikkewyne
* Skoonmaak van Hartenbosstrand en die monding
* Opkikker en onderhoud van skooltuin