Vir die agtiende jaar was die alombekende Errie-skourestaurant weer terug op sy plek tydens die jaarlikse Ermelo Skou.
Hierdie jaarlikse spanpoging van ouers, Erries en Onnies spreek van sukses! Die Errie-ouers het hulself oortref met ongelooflike donsies en bydraes! Dit het nie net daarby gebly het nie – hul harde werk vooraf en tydens die skou is ook ‘n riem onder die hart.
Die vriendelike Erries kán hard werk – of hulle nou skoonmaak, regskuif, kosmaak of bedien, alles word met ‘n kenmerkende Errie-glimlag gedoen.
Die Erriepersoneel het soos altyd die ekstra myl geloop om 2018 se skourestaurant asemrowend te laat lyk en heerlike disse te bedien.
Met ‘n verwelkomende, gesellige atmosfeer het die reastaurant ‘n tweede plek behaal naas die weermag.
Baie dankie aan almal wat borge was vir die restaurant en spesiaal dankie aan almal wat die Erries kom ondersteun het.
Op die foto heel bo: Van oud tot jonk geniet die skourestaurant!
Agter: Rynhardt Nel, Liana Kruger
Voor: Henriëtte Nel, Viné Nel, Henro Uys en Jeanette Uys
Foto onder: Errie-kelners wag gretig om gaste te bedien!