Drie leerders van Hoërskool Ermelo het op 2-4 Maart 2018 aan die JKA-karatekampioenskappe deelgeneem.
Aalia Deedat en Luhan Meyer, beide graad 11-leerders, ontvang elk twee goue medaljes – een elk vir Kata en een elk vir die Kumite.
Christiaan Wege, graad 8-leerder, het twee silwer medaljes vir sy katas gekry en twee goue medaljes vir sy kumites.
Al drie hierdie Erries is tydens die geleentheid gekies as lede van die Mpumulanga-span wat in Mei aan die SA-kampioenskappe gaan deelneem.
Die Erries is baie trots op hulle en sien uit om weer van hul prestasies te hoor!
Op die foto bo: (vlnr): Christaan Wege, Luhan Meyer en Aalia Deedat