Tydens die pas afgelope distriks- en provinsiale atletiekkampioenskappe het H/S Keimoes se atlete besonders goed gevaar. Altesaam nege atlete het aan die Noordkaapse Provinsiale kampioenskappe in Kimberley gaan deelneem.

Hulle is agter van links na regs: Nielen Tsafeni (0/19 hoogspring), Victor Jasson (0/17 verspring), William Swartz (0/19 driesprong), J-Mee Botha (0/17 driesprong) en Elton Van Rooyen (o/17 spiesgooi).

Voor sit Lee-Mark Plaatjies (0/17 3000 m), Amore Van Wyk (0/12 verspring), Mnr WP Majiedt (afrigter), Luzette Medupe (0/19 1500 m) en Mario Kooper (0/19 3000 m).

Become a Sponsor