Hoofseun ’24. In ons reeks oor Hoofseun ’24, gesels Schools That Rock vandag met die Hoofseun van HoĆ«rskool Bastion, Krugersdorp, Gauteng, Christopher Strydom.
Christopher, vertel ons meer van jouself en jou leierskap. Wat is jou leierskapervaring?
- Ek is ān seun wat glo die enigste pad om te stap is saam ons Vader in die hemel. My leierskap se basis lĆŖ op Christelike waardes. As ek naastenby soos Jesus kan stap, weet ek dat ek die beste leier moontlik sal wees. My ervaring van leierskap begin met die omgee van my mede leerders en selfs onderwysers. Leierskap gaan glad-nie oor om ander om jou te probeer beheer nie, maar om hulle teen moeilike tye te beskerm en daardeur te lei.
Wat is jou mees belangrike waardes as leier?
- My eerste waarde sal ek sĆŖ, is hulpvaardigheid. Dit is vir my die belangrikste waarde. My ander waardes sluit in respek, lojaliteit, veggees, integriteit, eer, dissipline en pligsgetrouheid.
Vertel ons meer oor jou persoonlike doelwitte vir jou leierskapjaar? En vir Hoƫrskool Bastion?
- My grootste doel is om my leier en leerders te ondersteun deur die jaar wat voorlĆŖ. Daar is verskriklik baie stres op ons almal en as hoofseun vir 2024, glo ek vas om die kinders van HoĆ«rskool Bastion se steunpilaar te wees.
Wat is jou sterkste leiers-eienskap?
- Hulpvaardigheid, die idee om ander te help, gee my rustigheid van binne. As hoofseun ’24, kyk vele kinders op na my, veral seuns en as hulle sien dat ek my medeleiers ondersteun, sal hulle beslis hulle medeleerders ondersteun. Ek weet binne my dat dit is wat God vir ons almal wil hĆŖ.
Christopher, hoe kry jy samewerking (commitment) van jou span?
- As hoofseun staan ek voor, so dit is my plig om my samewerking te weerspieĆ«l. Die oomblik wat my leiers dit sien, sal ek dadelik vertroue binne elk van hulle hĆŖ en van vertroue kom lojaliteit. Met lojaliteit word samewerking verseker.
As jy enige honde-ras kon wees, watter ras sou jy wees? Hoekom?
- ‘n Golden retriever, want hulle simboliseer lojaliteit en het ān sagte geaardheid. Al is hulle saggeaard, gee hulle vasbeslotenheid hulle ān leierskap geaardheid. Hulle is ook liefdevol en gedissiplineerd.
Hoe sal jy jou span lei deur verandering?
- Eerstens sal ek ān ondersteuningstelsel onder my span implementeer waar elk van my spanlede kan praat oor wat van die verandering hulle die meeste pla. Sodoende kan ek hulle onsekerheid verminder wat hulle sal help om gesond op ān fisiese en emosionele vlak deur die verandering te kom. Tweedens sal ek voor stap tydens die verandering en dan my spanlede in plekke sit waar ek weet hulle die verandering goed sal hanteer.
Wat staan die meeste vir jou uit by Hoƫrskool Bastion?
- Die gees en ondersteuning wat sport betref asook die dringendheid van Christelike waardes.
Wie is die persoon na wie jy opsien? Hoekom?
- Albei my ouers. Ek kry baie wysheid en integriteit van my pa af. Hy leer my altyd oor hoe om ān beter man te wees en om altyd die regte ding te doen, of ek daaruit baat of nie. My ma het my geleer hoe om mense om my met liefde te lei en ook om ander se gevoelens in ag te neem.
Wat was die hoogtepunt van jou skoollopbaan tot dusver? Hoekom?
- Verseker toe ek van die verhoog af stap na my familie toe en hoe hulle my vasgedruk het nadat ek as hoofseun aangewys is. My ouers was so trots en liefdevol.
Waaroor dagdroom jy?
- Rugby. Heeldag dink ek aan wat ek kan bereik in rugby met die Here aan my kant. Ek is ook passievol oor om ān besigheid te begin in lyn van fisiese gesondheid. Om op te som waaroor ek dagdroom is maar werklik net oor my toekoms.
Hoe sal jy Graad 7 leerders oorreed om jou skool te oorweeg vanaf Graad 8?
- In Bastion kry jy ongelooflik baie geleenthede om jouself te verbeter en om jouself te vind. Hier word jy as ān persoon hanteer en glad nie ān nommer nie. Jy word gemotiveer om te verbeter en jy word nie gedwing nie.
In watter rigting wil jy studeer na skool? By watter Universiteit?
- Ek wil graag BCom Besigheids en Rekeningkunde gaan studeer by TUKS, Wits of NWU.
Christopher, hoe sal jou vriende jou beskryf?
- Hardwerkend, vasberade, doelgerig, aanvarend, lojaal, rigied, selfgedrewe, ambisieus, selektiewe introvert, intelligent en humoristies.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.zaā
Foto verskaf