Fichie Krieket. Wat ‘n Fichie krieket naweek vir Hoërskool Fichardtpark se krieketspanne!
Hoërskool Fichardtpark se 0/15A krieketspan het tuis teen Bethlehem Voortrekker Hoërskool gespeel en met 3 paaltjies gewen. Fichie Krieket se eerstespan het in Bethlehem teen Hoërskool Witteberg gespeel en het met 12 lopies gewen.
O/15A vs BVHS
Voortrekker kolf eerste en word uitgeboul vir 109 lopies.
Fichies se beste boulers:
- Dillon Geringer neem 4 paaltjies vir slegs 10 lopies.
- Christiaan Myburgh neem 2 paaltjies vir 19 lopies.
- Damian Mulder neem 2 paaltjies vir 20 lopies.
Fiches se beste kolwers:
- Neven Olivier 23(16)
- Damian Mulder 23(30).
- Ivor Hamman 20(21).
Fichies o.15A krieketspan wen BVHS met 3 paaltjies.
Fichies 1ste krieketspan vs Hoërskool Witteberg van Bethlehem
Fichie krieket kolf eerste en behaal 203 lopies, almal uit.
Hoërskool Fichardtpark se beste kolwers:
- Michael Cruywagen slaan 43 lopies van 44 balle.
Fichardtpark se beste boulers:
- Stian Kruger neem 4 paaltjies vir 36 lopies.
- Eben Botha neem 3 paaltjies vir 48 lopies.
Baie geluk aan Witteberg se nr 7 kolwer, Rian Roos. wat 77 lopies van slegs 54 balle gekry het.
Fichies wen die wedstryd met 12 lopies.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf