Hoofleier 2023. In ons reeks oor skole se hoofleiers vir volgende jaar, gesels Schools That Rock met Marco Steyn. Marco, Adjunk-hoofseun van Hoër Landbouskool Oakdale vir 2023, vertel ons meer van homself en sy leierskap.
“Ek kom van George af. Ek geniet die buitelewe, jag en visvang en ek het ‘n groot passie vir rugby. Verder is ek ook baie toegewyd en ek werk altyd baie hard vir dit wat ek wil hê. Ek sal sê my leierskap is gebou op respek want dis waar alles begin.
My persoonlike doelwitte as hoofleier 2023 is om die jaar voluit te lewe en om nie spyt te wees oor besluite en goed wat ek gedoen het nie. My doelwitte vir vir Oakdale gedurende my diensjaar, is om voort te bou op die 94 jaar se tradisies en waardes. Verder ook om die skool na hoër hoogtes te vat.
Die grootste uitdagings wat ek ervaar het as leerder van Oakdale? Aan die begin voel dit nogal snaaks om vir 24 uur van jou dag tussen jou pêlle te wees. Om aan te pas by die koshuis was ook nogal ‘n uitdaging.
Samehorigheid en broederskap
Wat vir my die meeste uitstaan by Oakdale, is die samehorigheid en broederskap onder die manne en definitief die tradisies!
Die persoon na wie ek opsien vir inspirasie en mentorskap, is Nick Vujicic. Hy het ‘n siekte met die naam “tetra-amelia syndrome” wat sy lewenstyl baie moeilik maak om voluit te lewe. Ten spyte van sy siekte, het hy besluit om voluit te lewe en om nooit terug te kyk en moet op te gee nie.
As ek ‘n kombuis-artikel moes wees, sou ek ‘n mes wees want ek is vlymskerp! Ek dink my vriende sal my beskryf as ‘Gentle Giant!’
Mense wat nie glo in my nie en sê ek kan nie iets doen nie, motiveer my om my ideale te bereik, want dis lekker om iemand verkeerd te bewys.
Kom na Oakdale
Ek sal graag leerders aanraai om ook deel van Oakdale te word want die skool leer jou om hard te werk en nooit op te gee nie. Die skool se fondasie is om anders te wees. Jy kry ook bloedbroers terwyl jy vyf jaar hier by Oakdale is. Oakdale berei jou ook voor om die grootmens-wêreld binne te tree.
My gunsteling onderwyser is Mnr. Le Roux. Dit maak nie saak met watter probleem jy na hom toe gaan nie, hy sal altyd uit sy pad uit gaan om te help.
My toekoms-ideale is om eendag susksesvol te wees in alle aspekte van die lewe.
Head Leaders 2023. In our series on schools’ head leaders for next year, Schools That Rock talks to Marco Steyn. Marco, Deputy Head Boy of Oakdale Agricultural High School for 2023, tells us more about himself and his leadership.
“I’m from George. I enjoy the outdoors, hunting and fishing and I also have a great passion for rugby. I am very dedicated and I always work very hard for what I want. My leadership, I would say, is built on respect because that’s where it all starts.
For 2023 my personal goals are to live the year to the fullest and to not regret decisions and things I did. My goals for Oakdale during my year of service are to build on the 94 years of traditions and values. Furthermore, to take the school to greater heights.
The biggest challenges I experienced as a learner from Oakdale? At first it feels quite funny to be among your pals for 24 hours of your day. Furthermore also to adapt to the hostel.
Cohesion and brotherhood
What stands out to me the most at Oakdale is the cohesion and brotherhood among the men and definitely the traditions!
The person I look up to for inspiration and mentorship is Nick Vujicic. He has a disease called “tetra-amelia syndrome” that makes his lifestyle very difficult to live life to the fullest. Despite his illness, he decided to live life to the fullest and to never look back and have to give up.
If I had to be a kitchen article, I’d be a knife because I’m razor-sharp! I think my friends would describe me as “Gentle Giant!”
People who don’t believe in me and say I can’t do something, motivate me to achieve my goals because it’s nice to prove someone wrong.
I would like to advise learners to also become part of Oakdale because the school teaches you to work hard and never give up. The school’s foundation is to be different. You also get blood brothers while you have been here at Oakdale for five years. Oakdale also prepares you to enter the grown-up world.
My favourite teacher is Mr Le Roux. No matter what problem you go to him with, he will always go out of his way to help.
My future goals are to one day be successful in all aspects of life.
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf