Hoofdogters Protea Seremonie. Die Hoërskool Waterkloof hoofdogters van 2023 het ‘n tradisie, waar al die oud-hoofdogters aan die nuutverkose hoofdogters proteas oorhandig, teruggebring. Hierdie jaar is die tradisie volgehou en in die skool se kultuur ingeplant.
‘n Protea simboliseer dat elkeen deur die Here gekies is vir ‘n rede en dat elkeen as ‘n geslote protea begin, maar naderhand gaan begin blom soos hulle meer van hulleself leer en ontdek.
Anje (hoofdogter 2024) wens Jenilee en die nuwe onderhoofdogters baie geluk en sterkte toe.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








