)

Hoofdogter 2025 – Augsburg Landbougimnasium

Hoofdogter 2025. Vanjaar gesels Schools That Rock weer met die Hoofleiers van Hoërskole in Suid-Afrika. Vandag gesels ons met Zoë Mouton, Hoofdogter 2025 van Augsburg Landbougimnasium in Clanwilliam.

“As Hoofdogter 2025 van Augsburg Landbougimnasium sien ek die meeste daarna uit om ‘n positiewe impak op die skool te maak. Ek wil ook verhoudings met leerders en onderwysers bou en die skool se tradisies voortsit. Ek sien ook uit na die uitdagings wat my as leier sal help groei.

Persoonlik wil ek my leierskapsvaardighede verbeter, leer om beter met verskillende mense saam te werk en ‘n inspirerende rolmodel wees. Vir die skool wil ek ‘n sterker gevoel van samehorigheid en trots help skep. Daardeur sal elke leerder hul volle potensiaal kan bereik.

Die eienskappe van Augsburg Landbougimnasium wat die meeste vir my uitstaan, is die toewyding van die onderwysers. Tweedens is dit die geesdrif van die leerders. Dit maak my skool besonders. Daar is ook ‘n balans tussen akademie, sport en kultuur, wat ‘n volledige skool-ervaring bied.

Geleenthede vir samewerking

Daar is ‘n paar aanpassings/ veranderinge wat ek graag wil sien gebeur by my skool. Ek voel dat daar meer geleenthede vir samewerking tussen grade moet wees. Verder wil ek ook inisiatiewe sien wat leerders help om beter voor te berei vir die toekoms soos finansiële geletterdheid of loopbaanvoorligting.

Ek sal iemand oorreed om ons skool hul keuse te maak deur te beklemtoon dat dit ‘n plek is waar almal ‘n geleentheid kry om hul sterkpunte te ontwikkel. Ons het ook uitstekende akademiese standaarde, ‘n sterk sport- en kultuurprogram en ‘n hegte skoolgemeenskap.

Sterkste leiers-eienskap

Ek glo my sterkste leiers-eienskap is my vermoë om met mense te kommunikeer en ‘n positiewe invloed uit te oefen. Ek is ook ‘n goeie luisteraar en probeer altyd om ander te ondersteun en te motiveer. Om samewerking van my span te ontvang, doen ek dit deur ‘n voorbeeld te stel en ‘n duidelike visie te hê. Ek glo ook daarin om elke spanlid se sterkpunte te erken en te gebruik sodat almal ‘n belangrike rol speel.

Die persoon na wie ek opsien is my ma. Sy toon deursettingsvermoë, is nederig en help ander sonder om iets terug te verwag.

My gunsteling gereg? Ek is mal oor ‘n lekker tuisgemaakte braaibroodjie, want dit bring mense bymekaar en skep ‘n gesellige atmosfeer.

Indien ek ‘n kombuis-artikel moes wees, sou ek ‘n klitser wees – ek bring mense bymekaar, meng idees en help om iets nuuts en kreatief te skep.

Dagdroom

Ek dagdroom daarvan om ‘n positiewe verskil te maak, of dit nou by die skool, in my gemeenskap of later in my beroep is.

As ek ‘n loopbaan moet kies? Ek is geïnteresseerd in radiografie, en ek hoop om by CPUT te studeer om my doelwitte te bereik.”

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://augsburggim.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal