)

Hokkie Kapteins – Schools That Rock gesels met AJ Lotter

Hokkie Kapteins. In ons reeks oor sport kapteins, gesels Schools That Rock vandag met AJ Lotter. AJ is die kaptein van Hoërskool Robertson se 1ste seuns hokkiespan. Hy teken vandag die sewentiende doel aan in ons reeks oor Hokkie Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika.

“Ek het begin hokkie speel toe ek 11 jaar oud was. Dit is ‘n opwindende sport wat ek met ‘n glimlag elke dag kan speel. Ek het voorheen rugby gespeel, maar toe ek sien hoe opwindend hokkie gelyk het, het ek die briljante keuse gemaak om van sportsoorte te verander.

My gunsteling professionele hokkiespeler is Jamie Dwyer. Hy was een van Austalia se beste spelers en ‘n goeie kaptein .

Die posisie wat ek tans speel is ‘Left wing’, maar ek kan enige ‘forward’ sowel as ‘link’ speel.

Die eerste keer wat ek as kaptein verkies is, was in die Maart vakansie vanjaar op ons eerste span se toer. Volgens my is die grootste taak van ‘n hokkie kaptein om jouself en die res van jou spanmaats op diesielfde bladsy te kry. Jy moet hulle motiveer om hard te werk.

Ons span oefen gewoonlik drie keer ‘n week. Ek het ook my eie oefen-skedule. As ek toestemming kry om op ons astro te oefen sal ek my houe en uitstote van die kort hoekie oefen.

Bekwaamhede

Die bekwaamhede waaroor ‘n goeie hokkiespeler moet beskik is geduld. Die wedstryd gaan nie altyd na jou kant toe nie, so jy moet dit aanvaar wanneer dit gebeur. My sleutel tot sukses op die hokkieveld is die ondersteuning wat ek geniet van my span, my afrigter en ook my ouers.

Wat my inspireer elke keer wanneer ek op die hokkieveld stap vir ‘n wedstryd, is die wete dat dit my laaste jaar is wat ek skole-hokkie kan speel. Ek het besluit om die jaar ‘n goeie een te maak.

Die lekkerste wedstryd van my hokkie-loopbaan was in graad 8. Ons het ‘n toer na George in die Suid-Kaap onderneem. Dit was ons laaste wedstryd en die telling is nog nul elk. Ek kry toe die bal, gaan na die regter kant van die sirkel en slaan toe die bal. Soos ek val, sien ek hoe die bal in die linker onderste kant van die doelboks ingaan. As gevolg hiervan het ons die wedstryd, sowel as die toernooi gewen!

My slegste wedstryd was teen Swellendam. Ek kon my span tot ‘n wen gelei het met ‘n doel, maar toe ek na die doelboks toe slaan, het ek te wyd geslaan. Verder was ek ook die hele wedstryd vasgepen deur 2 spelers van die opponente en kon nie my span help om vorentoe te beweeg nie. Ek het toe geleer om harder te werk en om te probeer om opsies vir my spanmaats te maak.

Drukhantering

Ek hanteer druk tydens ‘n wedstryd deur voor die wedstryd ‘n hele paar keer diep asem te haal. Dit is om my kop skoon te kry en net te fokus op die wedstryd. Daardeur hoef ek my nie te bekommer oor wat toeskouers van my te sê het nie. Ek motiveer my span, deur die dag voor ons ‘n wedstryd speel, te praat met elke speler in my span. Ek motiveer hulle om nie slegs hul beste te gee nie, maar om ook die wedstryd te geniet.

My huidige top 5 prioriteite in my lewe is: Die Here, My familie, Skool, Sport, My gelukkigheid.

My raad aan beginners is, oefen om saam met mense as ‘n span te werk. Jy kan nie alleen ‘n hele span van 11 spelers wen nie.

Ja, ek ky gereeld na hokkie op die TV. Dit help my om te sien waar ek dalk my posisionering kan verbeter of ‘n nuwe manier kry om verby ‘n speler te kom. Ja, ek het al probeer om ‘n professionele speler na te boots. Ek het sy aggressie op vryslane probeer en om die persoon te druk om ‘n fout te maak.

My belangrikste korttermyn doelwit is om my span te help om ons interskole wedstryd teen Charlie Hofmeyer te wen.

Ek hanteer my verantwoordelikhede by hokkie saam met my sosiale en akademiese verantwoordelikhede deur ‘n balans tussen my skoolwerk, sport en sosiale lewe, deur elke dag ‘n sekere tyd met elke deel te werk en te verbeter.

Ja , ek beplan om na skool, tydens my studies, vir my universiteit hokkie te speel.

Hoogtepunt

My grootste enkele hoogtepunt die afgelope vyf jaar is dat ek my beleidenis van geloof afgelê het en ek bevorder my verhouding met die Here.

Ek het wel ander belangstellings buiten hokkie. Ek ek my vriende speel soms gholf, ek doen ook hekkies in atletiek, ek draf gereeld en in die vakansies spandeer ek my tyd op ‘n plaas in die Karoo en werk met die skape.

My afrigter en spanmaats beskryf my as ‘n doelgerigte en pligsgetroue hokkie kaptein wat omgee vir elke speler in die span.

Die bekwaamhede waaroor ek as hokkie kaptein beskik is goeie komunikasie, hardwerkend, spanspeler en ek kan die bal baie goed aangee. As kaptein het ek wel voorstelle gemaak wat goed werk. Ek het al voorgestel dat, tydens ‘n wedstryd, ons hoër moet opstoot en sodoende die ander span forsteer om foute te maak.

Die persoon na wie ek opsien as rolmodel is my afrigter, Philip Macmahon. Hy is al in sy vyftigs en is nog steeds betrokke by die sport.

Wat my die gelukkigste maak, is as ek kan oefen.

Die professionele hokkiespeler met wie ek graag wil koffie drink, is Austin Smit van Australia.

Om myself te beskryf in een woord, hardwerkend.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://hoerskoolrobertson.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal