Hoërskool Wonderboom. Die leerders van Hoërskool Wonderboom het vandag omtrent gees gewys en inisiatief geneem deur deel te neem aan die ‘Anything but a schoolbag’ dag. Die leerders kon vandag skooltasse tuis los in ruil vir `n skenking aan die Wonnie koskas. Skoolboeke is in verskeie ander maniere vandag skool toe gebring.
Die Wonnie koskas voorsien maandeliks kruideniersware aan minder bevoorregte gesinne van die gemeenskap.
Dankie aan elke leerder en ouer vir die skenkings.
Foto’s verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za