Kuikenweek 2022 – “Ek is ’n Kuiken, ek wens ek was ’n Arend, ek’s lief vir my Matrieks, yes, yes, yes!” Dit was die Graad 8’s se hoofdoel en begeerte om as Arende ingelyf te word by Hoërskool Strand.
Groot entoesiasme was teenwoordig verlede week by die Graad 8’s oriëntering Kuikenweek. Dinsdag 18 Januarie het die graad 8’s van Hoërskool Strand afgeskop met ’n saalbyeenkoms. Daar is hulle en hul ouers verwelkom. Ouers is die eerste keer aan hulle bekendgestel. Oudisies vir hoofkarakters is daardie middag gehou. Daar het harde werk vir hulle voorgelê!
Kuikenweek 2022 het verder bestaan uit konsert oefeninge en atletiekuitdunne. Hulle is voorgestel aan Hoërskool Strand se Sport- en Kultuurgeleenthede en basislyn toetse. Hulle het geleentheid gekry om gesprekke te voer met hul graadleiers en nog vele meer.
Saterdag was dit tyd vir die gebruiklike Kuikenweek 2022 konsert. Die ouers en gemeenskap het dit terdeë geniet om te sien waarmee die kuikens hulself vir die week besig gehou het. Die oriënteringsweek is op ’n hoë noot afgesluit met die Kuikens se baadjie-seremonie. Hulle kon nou vir die eerste keer hulle skoolbaadjies aantrek, omdat hulle die oriënteringsweek met sukses afgehandel het.
“Ek is ’n kuiken, en ek weet ek word ’n Arend”… Welkom by die Arendfamilie, graad 8’s!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s voorsien
#Arendtrots