)

Hoërskool Strand Toutrek – Warm weer kan Arende nie keer

Hoërskool Strand Toutrek. Hoërskool Strand se toutrek-Arende het die afgelope Saterdag by die Westcliff Hoërskool van meet af hul vlerke gesprei en hul stem dik gemaak. Te midde van warm weerstoestande het twaalf spanne die veld gevat met heelwat nuwe trekkers wat vir die eerste keer die ervaring van ‘n toutrekkompetisie kon meemaak.

Die nuwe toetreders tot hierdie opwindende spansport het waardevolle ervaring opgedoen. Daar word baie van hulle in die nabye toekoms verwag. Tegniek, stamina en spanwerk het daartoe gelei dat al die meisiespanne hulself deeglik laat geld het. Dit was verfrissend om te kon sien hoe die nuwe meisietrekkers gereageer het onder druk sowel as tydens suksesvolle ‘wen’ trekke. Daar word baie van hierdie jong groepie nuwelinge verwag. Die meer ervare meisietrekkers was voorwaar goeie mentors vir hierdie groep.

Die seunstrekkers het van meet af hul stem dik gemaak. Dit was veral die baie ligter 600kg-span wat ‘n verrassende algehele tweede plek tydens hierdie ligakompetisie behaal het. Netso het die 560kg span ‘n welverdiende derde plek in die klipharde 560kg gewigsgroep behaal. Die Arendspan wat die beste op die
dag gevaar het was beslis die 520kg gemengde span (4 seuns en 4 meisies) wat getrou aan Arendtradisie ‘n eerste plek in hierdie afdeling behaal het. Al drie hierdie spanne het die beste gevaar van alle WP-spanne.

Hoërskool Strand is trots op wat hul tydens hierdie kompetisie vermag het. Waar hulle in die verlede net nog ‘n skool/klub was, word hul nou beslis as van die mees kompeterende skole beskou.

Dit is voorwaar ‘n veertjie in die hoed van die afrigterspanne van Arendtoutrek!

440kg In aksie
480kg Meisies in aksie
Links: 560kg, regs: 600kg
520kg Gemeng
440 kg

Foto’s verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.hsstrand.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal