Hoërskool Waterkloof se kultuurkomitee, onder leiding van ons bekwame kultuurhoofleiers van 2020, Estian Vermaak en Jaclyn Greyling, skop hierdie week Kloof se kultuurweek af met die vrystelling van die skoolkoor en -orkes se besondere vertolking van ‘Weeping’.
Baie dankie aan Hoërskool Waterkloof se orkesleier, mnr. Eddie Clayton, en koorleier, mnr. Gert Pottas, vir die besondere produksie.
Die soliste is me. Elri Erwee van ons skool se musiekdepartement en mnr. Gert Pottas, ons skoolkoor se koorleier.
https://www.facebook.com/klofies/videos/2690596547873101