)

Hoërskool Nelspruit kondig Dux’e van 2020 /2021 aan

Veels geluk aan Ruben Gründlingh en Naomi van der Nest wat die leisels as Dux’e van 2020/2021 oorneem. Ons wens vir julle ‘n jaar gevul met vele hoogtepunte by NHS. Mag julle die vaandels van ons skool se waardes hoog hou!
Boodskap van Handré Homann (Dux 2019/2020):
“Daar gaan moeilike tye kom, akademiese druk, min slaap en baie werk – maar wat jý daarvan maak gaan die uitkoms en jou gemoed bepaal. Doen dit wat jy doen nie vir jouself nie, maar vir die 1400 Nellies agter jou en die heel belangrikste, vir ons Hemelse Vader.”
Boodskap van Milda van Dyk (Dux 2019/2020):
“Mag my opvolgers leer uit my foute en bou op die fondasie wat ek agterlaat. Mag hulle met opregtheid en liefde optree, en leiding neem met inisiatief, asof daar nog ‘n Covid-19 voorlê!”
Adjunk Dux’e: Gabi van der Merwe, Nicolize Aucamp, Carla Mouton, Trneil le Roux, Christa Schutte, Keenan Visser, Franco Erasmus, Janu Erasmus, PJ Coetzee en Christo Nel.
Baie geluk en sterkte met jul belangrike taak!
Vlnr: PJ Coetzee en Christo Nel
Vlnr: Christa Schutte en Teneil Le Roux
Vlnr: Janu Erasmus, Keenan Visser en Franco Erasmus

Vlnr: Gabi van der Merwe,Nicolize Aucamp en Carla Mouton

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal