Cornél Saunders, hoofseun en matriekleerder van Hoërskool Kroonstad, is ‘n jongman om dop te hou op die rugbyveld. Hy is geïdentifiseer deur Ruggas.co.za as een van die top 50 eerstespan rugbyspelers in Suid-Afrika.
Hierdie groep toer na die Verenigde Koningkryk vanaf 12-21 Desember2020 waar hulle teen verskeie top o/19 rugbyspanne van professionele klubs gaan speel.
Baie geluk, Cornel. Bloues is trots op jou!
Die Hoërskool Kroonstad (Bloues) bied aan u kind by uitstek ‘n akademiese tuiste. Ons akademiese uitnemendheid is ver buite ons geografiese grense bekend. Ons strewe egter na balans in ons opvoedingsbenadering – derhalwe word daar ruim geleenthede op kulturele en sportgebied geskep om op ‘n hoë vak kompeterend te wees. Voeg hierby ons puik geriewe, netjiese terrein en pragtige landelike omgewing, dan is dit nie moeilik om te glo dat dit ‘n baie gelukkige tuiste vir ons leerders is nie.
Ons uiters bekwame en toegewyde personeelkorps lewer op akademiese, sowel as buite-kurrikulêre gebied uitmuntende diens. Ons sportafrigters word aangevul deur kundige buite-afrigters wat verseker dat al ons kinders se talente ten volle ontwikkel word.
Become a Sponsor









