Hoërskool Sentraal se kantoor van Leerderondersteuning en –ontwikkeling bied die volgende dienste aan die leerders van Sentraal:
• Akademiese toetsing en –ondersteuning
• Konsessie aansoeke (Toegewings tydens eksamens en toetse)
• Vakkeuse voorligting (Gratis in Graad 9)
• Beroepsinligting
• Studie metodes
• Emosionele ondersteuning
Leerders kan self aanmeld by die kantoor vir hulp, of ouers kan my kontak en reëlings tref vir u kind om betrek te word by hierdie diens. Leerders kan ook deur die onderwysers verwys word indien dit nodig blyk te wees.
Ons wil u as ouers en leerders uitnooi om van hierdie diens gebruik te maak of navrae te doen indien u onseker is.
Die diens is Maandae tot Vrydae beskikbaar in skoolure.
Kontak gerus vir:
Liesel van Heerden by 051- 410 1830 of by liesel@sentraal.co.za