Hoërskool Waterkloof het vir die eerste keer in die geskiedenis ‘n o. 12-rugbykamp in samewerking met Rhino Rugby South Africa aangebied.
32 Seuns van regoor Gauteng is uitgenooi om aan hierdie spoggeleentheid deel te neem. Fiksheidstoetse sowel as vaardigheidstoetse is tydens die kamp gedoen. Pine Pienaar van die Blue Bulls, Nico Luus en JL de Jager van Tuks Rugby, Marnus Schoeman van die Lions Rugby Co, sowel as Jaco Barnard van USN Schools was betrokke by die kamp.
Kloof is baie opgewonde oor die toekoms van rugby by die skool.
Baie dankie aan almal wat hard gewerk het om hierdie kamp moontlik te maak.
Foto’s verskaf