Hoërskool Waterkloof-atletiek het die nuus ontvang dat Shandon Botha (graad 12) ook tot die Wêreld Atletiek o. 20-Kampioenskappe se voorbereidende span verkies is wat in Augustus 2021 in Kenia gaan plaasvind.
Shandon Botha is ook as Kloof se senior atleet van die jaar aangewys.
Baie geluk, Shandon! Klofies is baie trots op jou!