Donderdag, 15 Februarie, het die Uppies geswem en gespartel en amper verdrink, maar hul het vet pret gehad en elkeen het die dag op sy eie manier geniet.
Jy kon swem vir `n punt vir jou span of net jou gunsteling onnie gehelp het om ook die kantlyn te haal, maar jy moes deelneem. Die dirigente het die gees goed gehandhaaf en die lewensredders het maar min werk gehad, maar die dag het heerlik gewerk en in goeie Uppie-gees plaasgevind.
Toe die harde klanke van Ol Tree of Uppies oor die swembad weerklink en die laaste oranje strale van die son op die water blink, het almal weereens besef: Wat die Uppie-familie ook al doen, ons doen dit met trots!