Cobus Fourie, graad 11 leerder aan HoĆ«rskool Upington, is vanjaar weer ingesluit in die O/20 rolbalspan wat vanaf 3 ā 6 April 2018 aan `n provinsiale toernooi in Bloemfontein gaan deelneem. Ouboet Wihan (oud-skolier) is in sy laaste jaar as O/20 en gaan die span aanvoer. Vorige jare het Wihan en en Cobus in verskillende spanne gespeel en daarom is Ouboet Wihan baie opgewonde om sy laaste jaar te kan afsluit met sy jonger boetie aan sy sy. Cobus was wel laasjaar die skipper van die B-span, maar verkies ook om liewer saam met sy ouboet te speel.
Rolbal in Suid-Afrika bestaan uit 20 provinsies wat tydens die toernooi teen mekaar meeding om die beste span in Suid-Afrika te bepaal.