Vanaf 3 – 6 April het die provinsiale o/20 rolbaltoernooi in Bloemfontein plaasgevind. 32 Provinsiale spanne het aan die toernooi deelgeneem. Die Noord-Kaapspan, waarvan Cobus Fourie ‘n lid was, het hulle seksie gewen en sodoende die kwarteindstryd gehaal. Ongelukkig moes hulle in die kwarteind die knie voor ‘n gedugte Ekhurleni span buig.
Dit beteken egter dat die Noord-Kaapspan onder die top 8 o/20 spanne in die land eindig. Dit is voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie.