Cobus Fourie het ‘n vakansie gehad waarvan die meeste sportmanne net kan droom. Tydens die o/20 provinsiale rolbaltoernooi haal hy die kwarteindstryd wat beteken dat hy onder die top 8 spanne in die land eindig. Hy haas hom na die wedstryd om by sy hokkie span aan te sluit wat aan die ECHS toernooi deelneem. Tydens die toernooi eindig Uppies se eerste seunspan gesamentlik derde. Hy word egter saam met twee van sy spanmaats, Theuns Theunissen en Joshua Coghlan, ook in die toernooispanne ingesluit. Hy is dan ook kaptein van die span waarin Theuns ook is en die span wen die “All Star” wedstryd 2 -1. Tydens die prysuitdeling daarna word Cobus dan ook in die o/19 A afdeling aangewys as die doelwagter van die toernooi.