Vier leerders van HoĆ«rskool Upington kom huistoe met arms vol medaljes!Ā SimonĆ© Lonte, Alitze van der Merwe, Berna Killian en Tal Arnon, dansers van Karine Stolper School of Dance, het vanaf 31 Maart tot 6 April, deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Kompetisie van Uitvoerende Kunste in Rustenburg.
Hierdie is Suid Afrika se grootste kompetisie vir uitvoerende kunste en bestaan reeds 21 jaar. Dit gee kinders van regoor die land die geleentheid om te kompeteer in dans, sang, instrumentele musiek, drama en modelwerk.Ā Aan die einde van 2017 is hierdie dogters deur streng oudisies waar slegs die beste in elke provinsie gekeur is vir deelname. Ā Hierdie vier Uppie-leerders is gekies om deel te wees van die Noord-Kaap span.
Na maande van harde werk, stywe spiere en stukkende tone het hierdie meisies vir 6 dae lank meegeding teen SA se beste talent in verskeie kategorieĆ« waar kompetisie fel is en geen foute geduld word nie.Ā Gesoute beoordelaars, met internasionale akkreditasies en jare lange ondervinding, het vir 6 dae lank meer as 900 danse beoordeel.Ā Medaljes word toegeken volgens streng riglyne.Ā Per item word daar een brons, een silwer Ā en een goue medalje toegeken. Ā Indien ān sekere item nie bo 95% kry nie, word geen goue medalje toegeken nie. Ā Dus word elke medalje wat ontvang word in hierdie kompetisie, opreg verdien!
Ons Uppies meisies spog met die volgende medaljes:
SimonƩ Lonte- 2 goud, 4 silwer, 2 brons.
Berna Killian ā 5 goud, 8 silwer, 5 brons.
Alitze van der Merwe ā 8 goud, 9 silwer, 3 brons.
Tal Arnon ā 3 goud, 10 silwer, 6 brons.
Al vier hierdie meisies is ook opgeneem in die Suid āAfrikaanse span.Ā HoĆ«rskool Upington is supertrots op hierdie dansers!
Foto: Tal Arnon, Berna Killian, Alitze van der Merwe en SimonƩ Lonte