)

Uppies en Uitvoerende Kunste

Vier leerders van Hoërskool Upington kom huistoe met arms vol medaljes!  Simoné Lonte, Alitze van der Merwe, Berna Killian en Tal Arnon, dansers van Karine Stolper School of Dance, het vanaf 31 Maart tot 6 April, deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Kompetisie van Uitvoerende Kunste in Rustenburg.

Hierdie is Suid Afrika se grootste kompetisie vir uitvoerende kunste en bestaan reeds 21 jaar. Dit gee kinders van regoor die land die geleentheid om te kompeteer in dans, sang, instrumentele musiek, drama en modelwerk.  Aan die einde van 2017 is hierdie dogters deur streng oudisies waar slegs die beste in elke provinsie gekeur is vir deelname.  Hierdie vier Uppie-leerders is gekies om deel te wees van die Noord-Kaap span.

Na maande van harde werk, stywe spiere en stukkende tone het hierdie meisies vir 6 dae lank meegeding teen SA se beste talent in verskeie kategorieë waar kompetisie fel is en geen foute geduld word nie.  Gesoute beoordelaars, met internasionale akkreditasies en jare lange ondervinding, het vir 6 dae lank meer as 900 danse beoordeel.  Medaljes word toegeken volgens streng riglyne.  Per item word daar een brons, een silwer  en een goue medalje toegeken.  Indien ‘n sekere item nie bo 95% kry nie, word geen goue medalje toegeken nie.  Dus word elke medalje wat ontvang word in hierdie kompetisie, opreg verdien!

Ons Uppies meisies spog met die volgende medaljes:

Simoné Lonte- 2 goud, 4 silwer, 2 brons.

Berna Killian – 5 goud, 8 silwer, 5 brons.

Alitze van der Merwe – 8 goud, 9 silwer, 3 brons.

Tal Arnon – 3 goud, 10 silwer, 6 brons.

Al vier hierdie meisies is ook opgeneem in die Suid –Afrikaanse span.  Hoërskool Upington is supertrots op hierdie dansers!

Foto: Tal Arnon, Berna Killian, Alitze van der Merwe en Simoné Lonte

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal