[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text]
Die jaar 2017 is by Hoërskool Upington afgesluit op ‘n hoë noot met die jaarlikse Nasionale Senior Sertifikaat eksamenuitslae.
Hoërskool Upington word aangewys as een van die Top 3 skole in die ZF Mgcawu distrik. Uit die groep behaal 6 kandidate ‘n algehele A gemiddeld met Jandri v. Staden wat ‘n algehele vierde plek op die Top 20 lys inneem.
Die res van die groep het ook alles uitgehaal: 10 B- gemiddeldes, 37 C- gemiddeldes en 62,13% van dié groep het Baccalaureus toelating.
HU word ook aangewys as die beste Fisiese Wetenskapskool in die Noord- Kaap.
Die kandidate wat ‘n A gemiddeld behaal het, is as volg:
Janri van Staden – 91%
Rozelle van Niekerk – 87,1%
Alicé Maritz – 85,7%
Hurter Kirstein – 84,4%
Mason Adams – 82,4%
Janno Lategan – 82%
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]