FLORRIES SE NEL-TWEELING SLIMSTES ONDER DIE SLIMMES… en 100% slaagsyfer vir Florries se Graad 12`s !
Hoƫrskool Florida se hoof mnr Julius Katzke, die personeel en al die Florries loop breƫ bors rond na die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen se uitslae bekend gemaak is.
Nie net spog die Florries met `n 100 %- slaagsyfer nie , maar die Graad 12`s van 2017 het ook `n volle 241 onderskeidings ingepalm.
StĆ©fan Nel, Melanie Nel, Christo Theron, Anja Schoeman en Gustav Grobler Ā het elk 8 onderskeidings behaal. Marikus Leibrandt het 7 onderskeidings behaal, Melissa van Eeden en JeandrĆ© Viloen het 6 onderskeidings behaal terwyl Cleo Ferreira, Jeanne Fourie, Chantel le Roux, Shaun de Villiers en Choki Mogotlane elk 5 onderskeidings behaal het.
Die room van Florries se oes is egter StĆ©fan Nel wat met `n formidabele 96,4 % gemiddelde persentasie spog. Ā StĆ©fan het in al agt sy vakke meer as 90% behaal en het daarin geslaag om nie `n enkele fout in Wiskunde te begaan nie ā 100 % vir Wiskunde is beslis `n noemenswaardige prestasie. Sy ander vakke was ook sommer naby aan volpunte: Rekeningkunde 99 % , IT 98% , LewensoriĆ«ntering 97%, Afrikaans 96% Geskiedenis 94% Engels HT 91% en Alpha Wiskunde 90%.
StƩfan is ook op 5 Januarie 2017, tydens `n spesiale prysuitdeling deur die MEC van Onderwys in Gauteng ,Panyza Lesufi, as die tweede beste presteerder in Gauteng aangewys. Angie Motshekga minister van Onderwys het ook hierdie spoggeleentheid bygewoon.
StĆ©fan se tweelingsuster, die Florries se hoofdogter van 2017, Melanie volg kort op sy hakke met net sulke spogpunte. Ā Sy het ook 8 onderskeidings behaal met ses vakke bo 90%. en `n gemiddelde persentasie van 92,5%.
Hoƫrskool Florida se verlies is beslis die Universiteit van Pretoria se aanwins in 2018. Albei hierdie toppresteerders gaan Tukkies word. StƩfan gaan BSC Aktuarele Wetenskap studeer en Melanie gaan Meganiese Ingenieurswese studeer met Biomediese Ingenieurswese (Honneurs) as finale mikpunt.
Die jaar se harde werk, ekstra klasse en baie opoffering van onderwysers en leerders het beslis vrugte afgewerp!