Hokkie by Hoërskool Strand kook reeds vir 2020!
Onder aanvoering van Leani van der Merwe, die hokkie-organiseerder en ander afrigters is daar reeds op Vrydagmiddae oefeninge om die voornemende onder 14-hokkiespelers van 2020 se hokkievaardighede op te skerp.
Die afgelope Vrydag se oefening is deur Leani en Rudie Bergmann, die eerste seunshokkiespan se afrigter, aangebied. Ongeveer 30 spelers het die oefening bygewoon. Daar sal op 1, 8, 15, 22 en 29 November weer sulke oefengeleenthede wees.