)

Hoërskool Strand Wêreldbiddag vir Vroue

Die gasspreker, Kristine Burgwal

(Foto’s verskaf)

Die dogters van Hoërskool Strand kon vandag saam met miljoene vroue wêreldwyd deelneem aan die Wêreldbiddag vir Vroue. Die Dameskring se Melkbaai-tak het aan elke dogter ‘n boekmerk uitgedeel waarop hierdie jaar se tema uitgebeeld word. Elkeen het ook ‘n boekie, “Die Bybel, Hoop vir Almal”, ontvang.

Die tema vir vanjaar is gebaseer op die teks in Johannes 5:2-9. “Staan op! Neem jou slaapmat op en loop!” Hul spreker was Kristine Burgwal, ‘n Nederlandse onderwyseres, wat geroep is om reeds sedert 2017 die Evangelie onder kinders in Suid-Afrika te verkondig. Sy het op ‘n praktiese wyse met behulp van ‘n plasmabal en gloeilampe geïllustreer dat ons naby God moet bly, as ons Sy lig wil ontvang en versprei. Sy het ook met die dogters gedeel hoe God haar geroep het om na Suid-Afrika te kom.

Die meisies het afgesluit met gebed asook met die voorlees van die gebed wat spesiaal vir hierdie jaar se byeenkomste geformuleer is.

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal