Die gasspreker, Kristine Burgwal
(Foto’s verskaf)
Die dogters van Hoërskool Strand kon vandag saam met miljoene vroue wêreldwyd deelneem aan die Wêreldbiddag vir Vroue. Die Dameskring se Melkbaai-tak het aan elke dogter ‘n boekmerk uitgedeel waarop hierdie jaar se tema uitgebeeld word. Elkeen het ook ‘n boekie, “Die Bybel, Hoop vir Almal”, ontvang.
Die tema vir vanjaar is gebaseer op die teks in Johannes 5:2-9. “Staan op! Neem jou slaapmat op en loop!” Hul spreker was Kristine Burgwal, ‘n Nederlandse onderwyseres, wat geroep is om reeds sedert 2017 die Evangelie onder kinders in Suid-Afrika te verkondig. Sy het op ‘n praktiese wyse met behulp van ‘n plasmabal en gloeilampe geïllustreer dat ons naby God moet bly, as ons Sy lig wil ontvang en versprei. Sy het ook met die dogters gedeel hoe God haar geroep het om na Suid-Afrika te kom.
Die meisies het afgesluit met gebed asook met die voorlees van die gebed wat spesiaal vir hierdie jaar se byeenkomste geformuleer is.