Foto links: Christopher en Alexander Smit en foto regs Alexander Smit
(Foto’s verskaf)
Alexander en Christopher Smit van Hoërskool Strand het op Saterdag, 15 Februarie, aan die Wes-Kaap Moderne Vyfkamp te Stellenbosch, Paul Roos Gimnasium, deelgeneem en die volgende prestasies behaal:
Alexander verower ’n goue medalje (1ste) in die o/17 seunsafdeling en
Christopher ontvang ’n silwer medalje (2de) in die o/17 seunsafdeling.
Hiermee is hulle albei verkies tot die Wes-Kaapspan en het aan die Suid-Afrikaanse Moderne Vykamp Kampioenskappe deelgeneem by Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, die naweek van 7 en 8 Maart.
Op Saterdag, 8 Februarie, het Alexander Smit ook aan die Wes-Kaap/Boland Laser Run deelgeneem te Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch. Hier het hy ’n eerste plek vir seuns o/17 behaal. Hiermee is Alexander verkies tot die Wes-Kaapspan om op 8 Maart in Bloemfontein deel te neem aan die SA Laser Run Kampioenskap 2020.