Hoërskool Strand se VRL-bemarkingsportefeulje van 2020, Zounica van der Merwe (voorsitter), Ebert Wessels, Lisa Westraat en Durand van Deventer het onder leiding van ons skool se bemarker, mev. Anso Kemp, die volgende droom gehad:
“Ons droom is om mense betrokke te maak en trots te maak op ons skool. Dat elke Arend na die vlerke sal kyk en weet dis waar hy/sy nes kan skrop. Dit beeld die innerlike Arend fisies uit.” Hierdie droom is op Vrydag 11 Desember, amptelik ingehuldig.
Baie dankie aan Zounica en haar span van 2020 vir jul nalentskap. Hierdie “vlerke” gaan aan elke Arend van Hoërskool Strand “lewe” gee. #ArendTude
Baie dankie aan mnr. DJ van der Merwe van @LamininPaints, vir die borg van die verf.
Dankie aan mev. Erna Groenewald wat met haar ongelooflike talent hierdie vlerke-droom op so ‘n manier kon bewaarheid. Jy is voorwaar ‘n toevoeging as kuns- en ontwerponderwyser by Hoërskool Strand.
Spesiale dank ook aan die dagbestuur van ons beheerliggaam, mev. A. Kruger, Mnre. A. Westraat en C. de Jager, dat julle ons leerders toegelaat het om hierdie droom in ‘n projek te verander.