)

Hoër Meisieskool Oranje – die geskiedenis herhaal homself wéér

Foto: Truné en haar ma, Marizenne Prinsloo. Albei was die Hoër Meisieskool Oranje se gesamentlike duxleerder

Vir die tweede agtereenvolgende jaar het die Hoër Meisieskool Oranje se duxleerling haar ma nagedoen wat destyds ook eerste in gr. 12 in Oranje gestaan het.

Truné Prinsloo en Ivanke van Jaarsveld deel vanjaar die nr. 1 posisie met 93.7%. Truné se ma, Marizenne, was in 1988 ook die gesamentlike dux-leerder van Oranje. Marizenne (toe Bosman) en Marianne du Toit het albei destyds ses onderskeidings behaal.

Truné, wat vanjaar vir die Suid-Afrikaanse o.18-hokkiespan sou gespeel het (dis deur Covid-19 in die wiele gery), het onderskeidings in al sewe haar vakke behaal. Sy het die beste in haar graad in rekeningkunde (94.7%) en wiskunde (97.2%) gevaar.

Verlede jaar het Gabriela von Eschwege haar ma ook nagedoen deur die beste in matriek in akademie te presteer. Haar ma, Kornelia (toe Von Delft) was in 1986 Oranje se duxleerling.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal