)

Hoër Meisieskool Oranje se swemmers oorheers

Guilma Lausberg was skitterend op die Vrystaat-swemkampioenskappe deur in al 12 haar items ’n medaljes te verower, waaronder 7 goues

Die Hoër Meisieskool Oranje se swemmers het 2020 op ’n skitterende wyse afgesluit met ’n rits swemmers wat ’n ryk medaljeoes opgelewer het en vier van hulle wat die voorste deelnemer in hulle ouderdomsgroep op die Vrystaat-kampioenskappe was.

Die gala het Vrydag (11/12) geëindig. Swemmers het hulle klubs verteenwoordig. In al die ouderdomsgroepe vir hoërskoolleerders pryk ’n naam van ’n Oranjeniet in die eerste plek met die meeste punte.

Guilma Lausberg was Oranje se voorste swemmer en is as die junior victrix ludorum aangewys. Sy was die beste swemmer in die ouderdomsgroep vir 16-jariges (Zané Snyman was derde).

Guilma het in al 12 haar items ’n podiumplek behaal. Dit het 7 eerste plekke, 4 tweede plekke en 1 derde plek behels.

Sulinke van den Berg was die voorste swemmer onder die 17- en 18-jariges met 3 goues, 4 silwer en 1 brons. Sy het ’n nuwe rekordtyd in die 400m-vryslag opgestel.

Anieke Helmand het in die ouderdomsgroep 15 jaar uitgetroon met 9 medaljes waaronder 5 goud, 3 silwer en 1 brons. Cara van der Bijl was derde in die groep.

Onder die 14-jariges was Mia van der Mescht met 7 medaljes (1 goud, 5 silwer en 1 brons) die voorste swemmer (Cara Smook was tweede en Kaylin Oelschig derde).

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal