Dertien Arend-toutrekspanne van Hoërskool Strand het die afgelope Saterdag aan die Brandvlei-kompetisie deelgeneem. Hoërskool Strand, die Helderberg-gemeenskap en die ouers kan opreg trots voel op die wyse waarop hierdie pragtige sport die omgewing se naam uitdra na buite. Die span wat die grootste verras het deur die dag was die seuns 600kg-span wat uitstekend saamgetrek het en ‘n welverdiende tweede plek verower het.
Voornemende trekkers is welkom om Dinsdae en Donderdae saam te oefen en te kyk of hierdie sportsoort hulle pas.