Foto v.l.n.r: Chris Langeveldt, Wesley McCarthy, Kristin Meyer, Amber-Lee Smit, Luke Booysen, Francois Lategan en Adriaan Lambrechts. Afwesig tydens die neem van die foto: Zoë-Lee van der Merwe en Elaine van Niekerk.
Woensdag, (8 Januarie) het 220 Hoërskool Strand-matrikulante van 2019 met afwagting voor hul skool se deure vir hul uitslae gewag.
164 (75.5%) Leerders kwalifiseer vir universiteitstoelating en 9 leerders het ‘n A-gemiddeld behaal.
Baie geluk aan die top 10-matrikulante van die 2019-klas.
- Chris Langeveldt
- Wesley McCarthy
- Kristin Meyer
- Zoë-Lee van der Merwe
- Ruan van den Berg
- Amber-Lee Smit
- Luke Booysen
- Francois Lategan
- Adriaan Lambrecht
- Elaine van Niekerk
Hoërskool Strand se top 3 kandidate het onderskeidelik die volgende persentasies behaal:
Chris Langeveldt – 95.2%
Wesley McCarthy – 92.3%
Kristin Meyer – 91%
Hoërskool Strand wens al hul oud-Arende van 2019 net die beste toe vir die toekoms. “Vlieg hoog op jul ontdekkingsreis, Arende!”