Die 440kg A-span Silwermedalje-wenners.
(Foto’s verskaf)
Die ure en ure se harde werk wat Hoërskool Strand se toutrek-atlete, hul afrigters en hul ouers ingesit het het duidelike vrugte afgewerp toe die Arende hul beste prestasies ooit tydens die naweek se SA Junior Toutrek Kampioenskap gelewer het! Vyf van Hoërskool Strand se spanne het die SA Top 10 behaal.
Die 440kg meisies het pragtig getrek en ‘n skitterende silwer medalje verower.
Die 480kg meisies ‘n welvderdiende 5eplek verower in seker een van die strafste gewigsafdelings.
Die 520kg Gemengde Span het ‘n tawwe loting gehad en het op ‘n tegniese punt nie die finale rondomtalie rondte behaal nie maar was nog steeds gelukkig met ‘n uitstekende 7e posisie.
Die 560kg seuns het ook ‘n skitterende 7e plek behaal
Die 520kg seuns het ook die Top 10 behaal het.
Die 480kg seuns het ietwat laat ‘wakker geskrik’ en na ‘n wankelrige begin die pap dik aangemaak en skitterende toutrek opgelewer en van die groter kannonne uitgeskakel.
‘n Spesiale woordjie aan dank aan die afrigters en ouers – hierdie mense se passie, liefde vir al die kinders en gees is ongeëwenaar! Toutrek is waarlik ‘n belewenis en dit verander beide ouers en kinders se lewens. Dit is ook met ‘n swaar hart dat daar van 4 matrieks afskeid geneem is wat die volle pad tot op die einde gestap het. Hierdie leerders was goed vir Toutrek en Toutrek was goed vir hulle. Die Arendgemeenskap wens hierdie yster-groepie net die allerbeste toe vir hulle toekoms en lewe vorentoe!
Aan die einde van die beste Toutrek-seisoen nog, vanaf ‘n Arend-perspektief, is daar soveel sterker bande onder mekaar gevorm. Daar is soveel passie, deursettingsvermoë en dissipline gewys wat Hoërskool Strand en die Helderberg regtig trots maak. Hierdie toutrek-atlete is nou reg vir die wintersport en die hokkie, rugby, muurbal en netbalsportkodes kry soveel fikser en sterker leerders terug.
Die 2020 SA Junior Toutrek Kampioenskap is nou verby, asook die toutrekseisoen. DIt was die beste nog! Dit was ‘n belewenis!!