Juan Joubert, Jozua Bezuidenhout en Christiaan Booysen
Ses rolbalspelers van Hoërskool Strand is in die onderskeie WP-spanne opgeneem om vanaf 22 tot 28 Maart in Bloemfontein aan die Interdistrikte Toernooi deel te neem.
Juan Joubert is in die onder 20A-span.
Jozua Bezuidenhout en Christiaan Booysen is in die onder 15B-span.
Mckenzie Knipe, Paul Engelbrecht en Michael Ferreira is in die onder 20C-span opgeneem.