)

Hoërskool Strand neem deel aan “First Lego League”

Die Beach Bots by hul afrigter, Jannie Hanekom (middel)

Drie leerders van Hoërskool Strand, Brendon van Rooyen, Gerrit Born en Jozua Bezuidenhout, het Saterdag by die Cape Town Science Centre aan ‘n baie interessante aktiwiteit deelgeneem – die FIRST LEGO LEAGUE se streekskompetisie. Die drie was deel van ‘n span, die Beach Bots, wat een van die sewe en twintig deelnemende spanne was. Die span bestaan uit Brendon van Rooyen (graad 9), Gerrit Born (graad 9), Jozua Bezuidenhout (graad 8) en Cuan Hattingh van die National Learning Academy.

Die kompetisie bestaan uit verskillende fases.

  • Eers word daar ‘n voorlegging van ‘n kernwaarde gedoen. Dit handel oor ‘n vraagstuk in ‘n openbare ruimte. Hulle het die veiligheid en netheid van parke as onderwerp gekies.
  • Dan word daar verwag om ‘n robotvoorlegging te doen.
  • Daarna neem die span aan ‘n robotkompetisie van 3 rondtes van 2 en ‘n half minuut deel. Elke span moet probeer om soveel punte as moontlik te verdien.

Die onderstaande is ‘n aanhaling uit ‘n artikel waarin hierdie aktiwiteit verduidelik word:

“FIRST LEGO League is the most accessible, guided, global robotics competition, helping students and teachers to build a better future together. The program is built around theme-based Challenges to engage children ages 9 to 16* in research, problem solving, coding, and engineering. The foundation of the program is the FIRST Core Values, which emphasize teamwork, discovery, and innovation. Students emerge more confident, excited, and equipped with the skills they need in a changing workforce.”

Die span het gekwalifiseer om in Desember die Westelike Provinsie by die nasionale kompetisie in Johannesburg te verteenwoordig.

Brendon en Gerrit is al van laerskooldae by hierdie aktiwiteit betrokke. Hulle werk onder die bekwame leiding van hul afrigter, Jannie Hanekom, wat ook 3 jaar gelede by die projek betrokke geraak het en toe die seuns genooi het om deel te neem.

Die seuns se verdere deelname sal beslis met groot afwagting dopgehou word.

V.l.n.r: Gerrit Born, Jozua Bezuidenhout, Brendon van Rooyen en Cuan Hattingh (NLA)
Die Beach Bots
Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal